Translate

Donderdag 31 Augustus 2017

Materiaal - perde en vragmotors

Oulike Materiaal Aankope

*Hierdie post bevat affiliated links.
 
 As jy hier op my blog 'n draai maak, hou jy tien teen een van naaldwerk...

...en as jy van naaldwerk hou, dan hou jy DEFNETIEF van materiaal!!

Kom ek wys julle wat ek onlangs gekoop het :)



Ja!  Natuurlik moet daar perde wees!!  ;)
Ek eye hierdie materiaal al sooooo lank en toe is dit op die koop nog goedkoper as wat ek gedink het!

Ek het nog nie 'n plan vir hierdie stuk materiaal nie, maar ek bȇre dit vir ietsie spesiaals vir myself  hehe dit sal ook oulik werk vir 'n stilboek

Toe ek met die rol materiaal onder die arm in die winkel rond geloop het, het 'n tannie my voorgekeer en gevra of ek die hele rol gaan koop?  Nee, gits!!
Sy wil toe ook graag daarvan hȇ om vir haar kleindogter 'n kwilt te maak en Poplap het gevra dat daar perde op moet wees.
Ek sou nogal graag wou sien hoe daardie kwilt uitgedraai het :) 
Ek sal ook nie omgee vir 'n laslappie-perde-kwilt nie!!
Dalk moet ek tog die res van daardie rol materiaal gaan opraap! ;P

Hier is 'n link vir soortgelyke materiaal met 'n groen agtergrpnd:
perde materiaal op amazon*




Hierdie stukkie materiaal is vir my net te pragtag!
Ek het ietsie pers gesoek - want ek probeer elke keer 'n stukkie materiaal in 'n ander kleur koop, sodat ek 'n groter verskeidenheid in my stash het. 
Dis toe perfek met die oulike prentjies en inspirerende Bybel versies ♡

Ek het van hierdie materiaal gebruik om vir Skoonsus 'n geskenkie te maak vir haar verjaarsdag wat al in Julie was!!
Liewer laat as nooit nie...  ons is darem nog in dieselfde jaar :) hehe

Ek sal later vir julle wys wat ek gemaak het, nadat ek dit vir haar gegee het natuurlik.


 Laaste maar dan ook nie die minste nie..
Hierdie dierbare flennie met die vragmotors op!!

Dis so min dat mens oulike materiaal kry vir seuntjies en hierdie is regtig ideaal.
Ek dink ek moet 'n kombersie en spoegdoek stel daarmee maak :)

Ek het hierdie soortgelyke flennie met wit agtergrond op Amazon gesien:
laaigraaf materiaal op Amazon*

Dit is dan al wat ek het om vir julle te wys.
Ek het al hierdie materiaal by MGE, in Port Elizabeth gekoop.

Wat sou julle met die materiaal maak?

Dit lyk vir my die lente is uiteindelik hier.  Die voȅltjies sing so vrolik en ek sien hulle is almal besig om nes te bou.  So die tyd vir kombersies maak is seker verby vir hierdie jaar.  Of is dit juis tyd om aan die werk te spring vir al die ooievaars tee's?? 

Volg my asseblief op Bloglovin ♡

Gaan kyk ook na hierdie twee posts oor ander materiaal wat ek al gewys het
materiaal 
materiaal - kabouters 

Gaan lees ook hoe om jou materiaal te organiseer

Groete
RC
xxx
 

1 opmerking:

  1. Sjoe! Die materiaal laat mens se vingers heuk om iets te doen, al het mens nou nie dieselfde nice materiaal nie hehehehe :) 'n Mooi sak van die die perde materiaal sal ook iets wees wat iemand wat dalk perdrylesse neem, kan gebruik om hul persoonlike toebehore in te bére xxx Die skapiemateriaal sal dalk 'n mooi kwiltjie ook maak, dan kan babatjie net bo-op die kwiltjie lé as dit so warm is :) xx Wat van 'n kamerjassie vir 'n seuntjie van die flenniemateriaal hehehehe xx Geniet, dit maak nie saak wát jy maak nie!!! :) xxxx

    AntwoordVee uit