Translate

Dinsdag 24 Januarie 2017

Materiaal

Sjoe!!  Die nuwejaar is so vol dinge dat ek net nie by my naaldwerk uitkom nie!!
Dalk moet een van my voornemens liewer wees om meer naaldwerk te doen ;) hehe
Ek het darem Skoonsus se stilboek se Winter-blad klaargemaak.  Dink ek moet nou werk maak daarvan om hom klaar te kry, sodat ek dit vir julle kan wys :)

Eerder as om jul droȅbek te laat sit gaan ek vir jul die mooi materiaal wys wat ek die vakansie gekoop het :)
Die winkel was eintlik bietjie uitverkoop en daar was nie so groot verskeidenheid om van te kies nie, ek hoop dat hul binnekort weer aankope sal doen sodat ek my stash  bietjie ordentlik kan aanvul.
Nietemin het ek hierdie 2 pragtage stukkies materiaal uitgesnuffel...


Ek is baie lief vir hierdie katoen, kwilt materiaal en het besluit om te spaar en liewer 'n bietjie meer te betaal vir die goeie kwaliteit.  Daar is altyd die mooiste motiewe en patrone en ek moet altyd 'n paar rolle weer terugsit om by my begroting te hou.




 Hierdie blou is ideaal vir 'n stilboek blad en sal ook al te fraai lyk in die kombuis vir 'n skinkbord lappie of so ietsie.


Hierdie soort neutrale kleure is altyd 'n staatmaker.  Dit is dalk nie die eerste kleur wat mens kies in die winkel nie, maar om een of ander rede is ek baie geneig om dit eerste uit die kas te haal wanneer ek besig raak met 'n projek.  Hierdie motiewe sal baie oulik werk met 'n sakkie of beursie.

Hoop julle het dit geniet.

Waar koop jul graag materiaal?

Groete
RC
 

2 opmerkings:

  1. OOOO ja daai materiaal kan mens vir baie goedjies en baie mooi goedjies gebruik!! Mens sal dalk nie jou 'mind' kan opmaak waarvoor jy dit wíl gebruik nie hehehe Jy sal dalk maar 'n paar keuses moet gee dat mens kan help besluit =) xxxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. hehe Gewoontlik kry ek maar eers die patroontjie wat ek graag wil maak en dan soek ek die materiaal uit wat by daardie patroon pas, anders sal mens die materiaal altyd net vir iets beter wil bere ;)

      Vee uit