Translate

Donderdag 09 Februarie 2017

Seasons Quiet Book

Uiteindelik!!
 Na 6 hele maande....
Skoonsus se stilboek is uiteindelik kant en klaar!!

Ek is so opgewonde om dit met julle te deel!
Geniet...


Hierdie keer is die boek vir 'n Engelse maatjie :)


Ek het weer elke seisoen se naam op die oorkantste blad geskryf en die feit dat hulle die woord selfs kan "voel" maak dit vir my nogal besonders.
Net die ander dag het ek 'n oulike praatjie op die radio gehoor wat gehandel het oor spel en toe het die arbeidsterapeut gese dat mens slim maniere moet kry sodat kinders woorde op 'n ander manier kan ervaar as om dit net te sien.


Die lenteblad is baie dieselfde as my eie Seisoene Stilboek sn.
Ek het dit bietjie eenvoudiger probeer maak, omdat ons maatjie nog baie klein is.
Ek het die los dele tot 'n minimum probeer beperk.  
Mamma kan gelukkig die blomme wegbere totdat sy bietjie ouer is :)


Die blomme het magnete in en ek het klein staal wastertjies aan die reenboog vasgewerk.
Hierdie dien as die KLEURE blad, so die idee is om die regte blom op die bypassende reenboog-streep te sit.  Die boomstomp dien as 'n oulike bȇreplek vir die blomme.


Tussen die boom se blare is daar 'n voȅlnessie met 'n kuikentjie in.
Die mamma-voȅltjie is met 'n stukkie kant vas sodat sy nie van die blad af kan vlieg nie ;)


Waar daar 'n reȅnboog is moet daar darem ook reȅn wees...

Die skoenlapper wat in die boomstomp wegkruip is ook met 'n lint vas en daar is ook 'n magneet in sy lyf om oor die blomme en reenboog te kan vladder
(so as mamma die blomme moet weg-bȇre verloor die blad darem nie al sy karakter nie)


Die somer se blad is vir my so prettig!!


 Hierdie blad is vol vat-en-voel dinge.
Die lug is van gladde satyn,
die water se sy materiaal is vir my ideaal en lyk net soos die see,
die kant wat die brander-skuim op die strand voorstel is geniaal!!
Gaan na imagineourlife.com vir die tutoriaal wat wys hoe om dit te doen.


Hierdie is die VORM blad.
So die 3 vorms:
reghoek - handoek
driehoek - ligtoring se dak
sirkel - strandbal
kan afhaal en sit dan met klapperhaar weer vas :)







Ek geniet dit altyd baie om die detail op die blad aan te bring :)


Herfs!!
Is julle nie mal oor die oulike kabouter materiaal nie? ♡





Hierdie is die TEL blad.
Ek het drie eenvoudige telletjies gemaak met:
1 groot pampoen
2 vet sampioene
en 3 akkers
wat heen en weer kan skuif.


Daar bly 'n oulike eekhoring in die boom se stam en ek is seker dat hy by al die seisoene gaan kuier ;)


Laaste maar nie die minste nie...
Winter!!!




Die prentjie lyk vir my so oulik.


Hierdie is ons blad wat bietjie leer van GROOTTES
en ons het 'n oulike sneeuman-maatjie wat ons daarmee gaan help, 
deur hom van groot na klein te bou :)


Die beer kan heen en weer skuif agter die plastiek deur die toutjies te trek.
Hy slaan wel bietjie bollemakiesie, maar ek dink net dis omdat hy so bly is dat dit uiteindelik winter is ;) hehe



Die agterblad het 'n sakkie met 'n ritssluiter, sodat al die los goedjies maklik opgeruim kan word as mamma alles haastig moet wegpak.  Ek hoop dit help om te verhoed dat die goedjies wegraak.

  
Fluit-fluit ons storie is uit!!!




Oja!!  Ons wil net vir julle verseker dat stilboeke maak, foto's neem en blog alles baie uitputtend kan raak *knipoog*
maar ons geniet ons gate uit!!! :D

Ek kan nou nie meer wag om vir Skoonsus die boek te oorhandig nie!!
Hoop sy hou baie daarvan.

Nou kan ek met die volgende een begin!!!

Groete
RC
  

2 opmerkings:

  1. Joeeeeehoeeeee dis absoluut pragtag!!!!!! Ai hoekom het mens nie van sulke goed geweet toe julle nog klein was nie hehe Dit is 'n erfstuk =) xxxxx EK kan nie wag vir die volgende een nie hehehehe maar ek is seker jy het klaar jou idees in die kop xxxxxxxxxxxxx

    AntwoordVee uit
    Antwoorde
    1. Ons het ook 'n stilboek gehad!!
      Dit was so blou een. Bietjie meer eenvoudig, want daar was net een ding op 'n blad. Ek onthou die tellefoon vir die nommers, so appelboom met appels wat met daai staal knippies moet vasdruk, 'n skoen met 'n veter!! Dit was baie oulik. Ek wonder wie dit nog gemaak het hehe
      Ek het nou te veel planne!! Ek sal eers bietjie moet gaan sit en dit neerskryf om my gedagtes te orden :)

      Vee uit